Abel se dogters

Bok av Helene de Kock
Die wewenaar Abel Buitendag se lewe op sy plaas in die Oos-Vrystaat het 'n stil, onverstoorde gang. Of so dink hy. Sy drie dogters smag eintlik na meer warmte en kontak, na 'n lewe wat geleef word. Sedert hul ma se dood, toe hulle nog klein was, klou hul pa verbete vas aan dit wat verby is. Maar soos Abel se dogters een vir een uit die huis gaan en deel word van die groot wereld, gryp die lewe hul met woede en met vreugde vas. Hulle ervaar die storm en soet pyn, ook soms die bitterheid, wat liefde bring. Die oudste dogter, Adelien, is 'n dosent in sielkunde in die stad en moet op 'n dag kies tussen twee besonderse mans in haar lewe. Maar sy is ook gekweld oor haar twee susters. Christel, die jongste een, is nog op skool en alleen by die huis met 'n pa wat te sag is. En Bernadette het 'n man gekies wat haar dalk nog baie hartseer kan bring.