Debora en seuns

Bok av Helene De Kock
Debora en haar gesin daag een nag uit die bloute op en maak opslae op die dorp. Die dorpenaars begryp hulle nie, want hulle hou hulle eenkant. Maar Debora-hulle is die mense op wie Margot Scott so lank gewag het. Die mense wat haar lewe sal vol maak. Al waarsku haar ma haar dat mense kom en mense gaan. Die Tweede Wereldoorlog breek uit en Margot leer dat die liefde vol geheime en hartseer kan wees. Tog is dit liefde wat haar dryf om 'n groot sprong te waag die vreemde in. Een wat haar lewe kan kos . . .