Dr. Eve se Seksboek : 'n Gids vir jongmense

Bok av Marlene Wasserman
Hier is die handleiding waarop jongmense en hul ouers gewag het, want dit bespreek die vele kwessies omtrent seksualiteit wat so moeilik is om tuis oor te praat. Marlene Wasserman is 'n kliniese seksoloog, 'n outeur, 'n opvoeder, 'n mediapersoonlikheid en 'n seksaktivis. Dr. Wasserman is hartstogtelik oor die bevordering en beskerming van die seksuele regte van jongmense, en voorsien 'n omvattende opvoedkundige benadering, gebaseer op die seksuele regte van die individu, die gepaardgaande verantwoordelikhede van daardie seksualiteit en die gevolglike voordele van 'n verantwoordelik bestuurde sekslewe. Dr. Wasserman put uit 'n deeglike kennis van haar onderwerp, en gee dus advies wat realisties, prakties en deernisvol is. Dr. Eve se Seksboek: 'n Gids vir jongmense is 'n onontbeerlike handleiding vir jong volwassenes wat 'n aktiewe seksuele leefstyl in Suid-Afrika oorweeg.