Christine le Roux Keur 3
Bok av Christine Le Roux
"e;Vir die eerste keer voel sy wat die verskil is tussen 'n soen om die skyn te bewaar en een wat haar aan die brand steek sodat sy duisel."e; In Die honger hart erf Julia Naude een helfte van haar peetpa se plaas saam met Andre Malan, sy plaasbestuurder: op voorwaarde dat hulle trou. Julia beskou dit as Middeleeus en belaglik. Sal sy kans sien om vir een jaar met 'n vreemdeling in 'n gereelde huwelik te tree sodat sy haar erfporsie kan behou? Gita Duinen, in Deel van die pakket, staan op die drumpel van 'n nuwe lewe. Sy begin as persoonlike assistent vir ambassadeur Frans du Toit werk . . . maar soek hy 'n assistent of 'n vrou? Sake raak gekompliseerd en Gita wil meer as net deel van 'n pakket wees. In Verskuilde liefde is Edmund Wiese weer tuis na sy broer, Fanie, se dood. Tot sy verbasing is hy 'n oom van 'n tweeling en skuldgevoelens begin weer aan hom knaag. Hy kan sien dat sy skoonsuster sukkel om kop bo water te hou met twee babas. Edmund se loopbaan was sy enigste prioriteit; is veertig te oud om van mening te verander?