Kleure van die liefde

Bok av Corlia Fourie
Oplaas 'n nuwe versameling van 25 lekkerlees-liefdesverhale wat oor die jare in rooi rose verskyn het. Gunsteling-skrywers se verhale is hier te vinde: Sophia Kapp, Irma Joubert, Helene de Kock, Annelie Botes, Christine Barkhuizen-le Roux, Elsa Winckler. En moenie van die mans vergeet nie: Fanie Viljoen, Jaco Jacobs, en veral 'n uitmuntende verhaal deur wyle George Weideman. Dit is 'n boek vir alle soorte leesgieriges. Verkies jy om bietjies-bietjies te proe, is die tydskrifstories net die regte lengte vir 'n vinnige blaaskans voor slaaptyd. Of as jy daarvan hou om 'n boks sjokolade op een slag te verslind, dan is Kleure van die liefde die ideale wegkomkans wat jou sal laat vergeet van enige saai alledaagsheid. Skrywers in die boek: Erika Murray-Theron, Sophia Kapp, Marlise Joubert, Irma Joubert, Alta Cloete, Louis Esterhuizen, George Weideman, Fanie Viljoen, Annelie Botes, Marietjie Kotze, Bernette Bergenthuin, Christine Barkhuizen-le Roux, Nelia Engelbrecht, Carina Stander, Mariette Snyman, Rachelle Greeff, Madri Victor, Helene de Kock, S.D. Fourie, Elsa Winckler, Rita Gilfillan, Jaco Jacobs, Francois Bloemhof, Paul C. Venter, Engela Linde