Selma en Louise

Bok av Susan Coetzer
"e;Ek wil 'n enkelkaartjie bespreek,"e; fluister Selma aan die man agter die toonbank in Flight Centre. "e;Waarnatoe?"e; vra hy en kyk op. "e;Geen idee nie,"e; se Selma en lek oor haar droe lippe. "e;Solank dit baie ver van Johannesburg is."e; Selma Barnard se hele lewe het soos 'n kaartehuis inmekaargetuimel. Eers verloor sy haar man, toe haar kinders, en nou is haar hart van nuuts af gebreek deur 'n sogenaamde ridder op 'n wit perd. Hoe kon sy haar so misgis het? En waar was Louise, haar hartsvriendin van veertig jaar? Hoekom het sy haar nie gewaarsku nie. Indie toe, dis waarheen sy sal vlug, besluit Selma. Sy sal al haar durf en moed bymekaarskraap, vrou-alleen op die vliegtuig klim Mumbai toe, en 'n nuwe mens terugkom. Solank sy net daai stemmetjie binne haar kan ignoreer wat se Alles is nie pluis nie...