Geur van genade

Bok av Alta Cloete
Lana van Eeden dra swaar aan haar emosionele bagasie. Daar is die miskraam, die aborsie, die selfmoordpoging. En die depressie. Vyf jaar het sy Marius Jansen se oorheersing toegelaat. Hier by Wilhelm van Zyl op sy uitgestrekte Karoo-plaas is daar geen veroordeling nie, net genade. Sy weet nou daar is 'n pad vorentoe, sy moet hom net kry. Alleen.