Hoezit 4 : Die wonderwereld van goggas

Bok av Jaco Jacobs & Fanie Viljoen
Hoeveel verskillende soorte goggas is daar op aarde? Wat is die gevaarlikste gogga op ons planeet? Wat gebeur alles binne-in 'n bynes? Jy sal al die antwoorde in hierdie fantastiese feiteboek kry! Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto's en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwereld van insekte en ander goggas kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong diere-liefhebbers se tone te laat omkrul van lekkerkry!