Hoezit14 : Die wonderwereld van perde en ponies

Bok av Jaco Jacobs & Fanie Viljoen
wat is die verskil tussen 'n perd en 'n ponie?watter soort perd kan meer as 'n klein motor weeg?waarvoor word verskillende soorte perde regoor die wereld gebruik? hoe moet jy jou perd of ponie versorg?ontdek die wonderlike wereld van perde en ponies met hierdie boek propvol prettige feite en aktiwiteite! met 48 bladsye vol fassinerende feite, volkleurfoto's en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwereld van perde en ponies kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate se tone te laat omkrul van lekkerkry! maak van naderby kennis met van die indrukwekkendste perderasse, vind uit wat alles by 'n ryskool gebeur, ontmoet perde se verlangse familie in die diereryk, en ontdek 'n paar asemrowende perderekords!die temas en aktiwiteite maak hierdie reeks boeke die perfekte hulpbron vir skoolprojekte en sal sorg vir ure se prettige vermaak by die huis.