Reis deur die hart

Bok av Leandra Naude
liefde en spanning verweefarriana, 'n maatskaplike werker, brand uit weens te lang ure se werk asook om die heeltyd met volwassenes en kinders se probleme te doene te kry. teen die einde van 'n uitmergelende vergadering met die maatskaplike bestuur in die gemeenskap waar sy werk, bedank sy op die ingewing van die oomblik.'n vriend reel vir haar werk in mauritius as 'n kroegdame/kelnerin by 'n eksklusiewe hotel in mauritius, en binne maande word haar lewe handomkeer verander.sy ontmoet die enigmatiese biljoener-ier finnigian o'reilly wat met sy sjarme en persoonlikheid haar hart kort voor lank in die palm van sy hand hou. en hy is nie onaangeraak deur arriana se plat-op-die-aarde-persoonlikheid nie.alles is egter nie pluis op die eiland nie. jong meisies raak die een na die ander weg, en toe arriana ook ontvoer word, word 'n nes van mensehandel oopgeruk. gaan finnigan, die plaaslike polisie en interpol egter betyds wees om arriana en die jong meisies se lot te keer?