Uitgeboul deur liefde & Nommerpasrok

Bok av Louise Minnaar & Cliffordene Norton
Uitgeboul deur liefde - Louise MinnaarMonique begin 'n blog met die hoofdoel om die wereld in te lig hoe erg die diskriminasie teen vroue krieket is. Nooit sou sy kon dink dat sy iemand deur die blog kan ontmoet nie. Nog minder sou sy kon glo dat die man waarmee sy so lekker gesels het die laaste paar dae die nasionale mansspan se boulafrigter is - 'n man wat sy nie kan verdra nie.Nommerpasrok - Cliffordene NortonElle behoort gelukkig te wees. Sy het pas haar droomtrourok gevind. Drie redes waarom sy nie is nie ...1. Haar verloofde wil hul troue volgens ander se standaarde hou2. Haar beste vriendin en verloofde vlieg mekaar in die hare3. Sy voel al hoe meer dat haar verloofde nie haar droomman is nie.