Die drie hemele (eBoek) : Engele, demone en wat voorle

Bok av John Hagee
Sal dit jou verbaas om te weet dat die Bybel oor drie hemele praat, en nie net een nie? Is jy nuuskierig oor die verskille tussen hierdie drie hemele en oor wat presies alles daar gebeur? Dan is die topverkoperskrywer, John Hagee, se nuwe boek, Die drie hemele, net die boek vir jou. In hierdie opvolg op sy topverkoperboek, Die vier bloed-mane, lig Hagee die sluier oor wat ons kan verwag aan die einde van ons aardse lewens - en waarom dit ook tyd is om te dink aan die wereld wat na die dood wag. Hierdie interessante Bybelse toer van die hemel werp ook meer lig op A feit waaraan min mense eintlik dink: die onsienbare geveg wat elke dag in die geesteswereld rondom ons aan die gang is. In Die drie hemele gebruik Hagee die Woord, wetenskap en ongelooflike ware verhale oor bonatuurlike gebeurtenisse om die eerste hemel te ontdek. Dan ontbloot hy se diaboliese taktiek van die Satan in die tweede hemel en hoe hierdie taktiek elkeen van ons raak en beinvloed. Laastens onthul hy diepe rykdom van die derde hemel en hoe ons hoop op daardie ewige tuiste ons lewe hier op aarde verander. Ontdek die drie hemele: Die eerste hemel - die hemel wat ons sien; Die tweede hemel - die middelhemel; Die derde hemel - die troonkamer van God. Die drie hemele verduidelik ook hoe die voortdurende stryd tussen die koninkryk van die lig en die duisternis die wereldgeskiedenis deur die eeue beinvloed het, hoe dit dryfkrag agter die magte in ons huidige kultuur is en hoe dit alles wat vir ons voorle sal beinvloed - vir ons en ons geliefdes.