Omhels die lewe met albei hande (eBook) : Vars inspirasie vir die lewe

Bok av Leana Platt
Baie min van ons lei waarlik 'glansryke' lewens. 'n Groot deel van ons daaglikse lewens is roetine, en dit is maklik om in 'n groef te verval. Om te begin dink dat ons lewens maar doodgewoon en vervelig is en nie regtig saak maak nie. Leana Platt wys dat dit nie die geval is nie, en gee aan ons 'n vars perspektief op baie aspekte van ons lewens wat ons as alledaags beskou. Sy help ons om met nuwe o te kyk na ons kinders, ons vriendskappe, ons huwelik en ander verhoudings, te lewe wat ons gegun is te waardeer en te vier, en die meeste te maak van dit wat ons het, te verstaan dat daar krag is in die eenvoudige dinge in die lewe, en in 'n eenvoudige lewe, en opnuut te besef dat 'n verhouding met ons Hemelse Vader die sleutel is om hierdie lewe waarlik voluit te geniet. Die 60 oordenkings in Omhels die lewe met albei hande die sal jou inspireer, motiveer en jou nuwe energie gee om jou dagtaak met oorgawe aan te pak.