Leef jou roeping (eBook) : Van onvergenoegd na opgewonde en passievol

Bok av Jean Keys
Baie mense voel dat hulle van hul drome beroof is, en ontdek dat hulle bloot van dag tot dag voortbestaan en nie regtig voluit leef nie. Dalk is jy een van hulle. Wat die rede ook al is waarom jy ophou droom het, hierdie boek sal jou in staat stel om weer in voeling te kom met jou diepste begeertes en jou help om jou lewensdroom te laat herleef. LEEF JOU ROEPING is A praktiese gids om jou te neem van onvergenoegdheid met waar jy jou tans bevind tot daar waar jy weer met opwinding en passie jou dag aanpak. Dit bevat: 'n Afdeling om jou te help om struikelblokke op die pad na jou lewensdoel te oorkom; 'n Afdeling om jou gevolgtrekkings in te vul oor jou talente, belangstellings en passies; 'n Praktiese afdeling om jou drome te ontdek en werklikheid te laat word; 'n Afdeling om jou te help om doelwitte te stel en jou roeping te begin leef; Spasie om jou gedagtes en drome neer te skryf, doelwitte te stel, en aan te teken wanneer jy dit voltooi het of wanneer jou gebede beantwoord is; en Vele bemoedigende aanhalings, ware verhale en voorbeelde.