Verdwaalpad (eBook)

Bok av Annetjie Van Tonder
Millie Malan se rustige lewe op Dreunbaai verander onherroeplik wanneer haar ouma Hetta sterf en sy by die lees van die testament hoor sy moet haar erfporsie deel met 'n vrou van wie sy nog nooit eens gehoor het nie - Cornelia Krynauw. Boonop kan sy net nie Cornelia se aantreklike seun, Karel, uit haar gedagtes kry nie. Toe hy by haar koffiewinkel ingeloop het, het sy gedink hy is die een vir wie sy gewag het, maar toe sy uitvind wie hy is, en dat dit sy ma is met wie sy haar ouma se erflating moet deel, was die strydlyne getrek. Dan kom Millie op dokumente af wat haar lewe verder deurmekaarkrap: Sy was 'n surrogaatbaba. Wie is haar regte ouers dan? Millie se soeke na die waarheid oor haar afkoms, dwing haar om gespanne verhoudings uit haar verlede aan te spreek, onder andere met haar vervreemde pa, haar antagonistiese stiefma, en haar halfbroer en -susters, wat sy nooit regtig geken het nie. VERDWAALPAD handel oor seerkry, hoe liefde alles kan oorwin en dat vergifnis altyd moontlik is.