Die avontuur van ouerskap (eBook) : Vorm lewens, bou 'n erfenis

Bok av Mandi Hart
Die avontuur van ouerskap is 'n splinternuwe boek deur 'n Suid-Afrikaanse skrywer en berader, Mandi Hart. Hierdie eietydse gids vanuit eie bodem bied praktiese raad oor ouerskap vanuit 'n Suid-Afrikaanse perspektief. As ouerskap 'n avontuur-sport was, sou dit beslis die sport gewees het wat die meeste durf verg. Dit is 'n avontuur na die onbekende, besaai met onverwagse kronkels en draaie - heeltemal onvoorspelbaar! Skool en tersire opleiding beteken nie veel in ons voorbereiding om ouers te word nie, en ouers het al die hulp nodig wat hulle kan kry om die toenemende uitdagings wat hulle van dag tot dag tekom, te hanteer. Mandi help ouers om te besef dat dit in die eerste plek gaan oor wie en nie wat jy is nie. Sy moedig lesers aan om na binne te kyk en hulself te beoordeel, en beweeg dan aan na die invloed van eksterne faktore. Sy verskaf praktiese gereedskap en wys op die belang van die geestelike aspekte van ma- en pawees met God se hulp. Onderwerpe sluit in: Die invloed van ons kultuur Karakter en waardes Die fases van ontwikkeling Dissipline Doelbewuste ouerskap Hoe om vir jou kinders te bidDie avontuur van ouerskap bevat ook talle ware ouerskap-stories, en Bybelverse en vrae vir nadenke aan die einde van elke hoofstuk.