'n Eggo in die duisternis (eBoek)

Bok av Francine Rivers
In hierdie aangrypende roman, boek 2 in die MERK VAN DIE LEEU-reeks, neem Francine Rivers lesers terug na 'n ander tyd en kultuur, en tog herken ons onsself, ons geliefdes en ons wereld in die bladsye van hierdie boek. Die hand van God is duidelik sigbaar in die verhaal van Hadassa en Markus soos die evangelie van Jesus Christus ontvou en Hy sy mense bemagtig om die wereldse dinge te oorwin. 'N EGGO IN DIE DUISTERNIS is 'n getuienis van die liefde. Dit is 'n boeiende verhaal wat in eg menslike terme weergegee word. Dit vertel van Hadassa se getrouheid aan haar Verlosser en Markus se soeke na God. Die boek spreek tot elke leser omdat hulle kan identifiseer met hierdie twee karakters se worsteling rondom hulle geloof en hulle liefde vir mekaar. In hierdie verhaal sal lesers opnuut ontdek wat dit beteken om na God se stem te luister.