Om seuns groot te maak (eBoek) : Praktiese raad en aanmoediging vir diegene wat help bou aan die volgende generasie mans

Bok av James Dobson
Met soveel verwarring oor die man se rol in ons hedendaagse samelewing is dit geen wonder nie dat so baie ouers en onderwysers met hulle hande in die hare sit as dit by die grootmaak van seuns kom. Ons kultuur het manlikheid van sy eer beroof en as gevolg daarvan moet seuns aan die kortste ent trek. 'n Hele geslag seuns is besig om groot te word sonder 'n duidelike beeld van wat dit beteken om 'n man te wees. Maar daar is hoop! OM SEUNS GROOT TE MAAK bied raad en aanmoediging gebaseer op Bybelse beginsels. Elke persoon wat betrokke is by die uitdaging om seuns te verander in goeie mans moet hierdie boek lees.