Dag na dag dra Hy ons (eBoek)

Bok av Johan Smit
In DAG NA DAG DRA HY ONS nooi bekende skrywer Johan Smit lesers om dag vir dag 'n pad saam met God te loop. 'n Groot fokus van die dagboek val op 'n lewe in verbondenheid met die Here. Die 366 oordenkings in hierdie dagboek is spesiaal geskryf om jou te verseker dat die Here elke tree saam met jou loop. Hy fokus op temas soos om eenvoudiger te lewe, mense wat voor loop, kies die lewe en groei en vrugdra. Di dagboek sal lesers daaraan herinner dat hulle nie alleen op hierdie reis is nie, maar dat Hy hulle dag na dag dra. DAG NA DAG DRA HY ONS nooi lesers om vir die volgende jaar elke dag in gehoorsaamheid saam met die Here op die lewensweg te stap. Dan kan die vreugde van sy getroue nabyheid ervaar word.