10 minute tot kragtige gebed (eBoek)

Bok av Stormie Omartian
In 10 MINUTE TOT KRAGTIGE GEBED help Stormie Omartian jou om meer doeltreffend te bid. Stormie bied vir lesers tien eenvoudige maar doeltreffende areas van gebedsfokus wat bedoel is om jou gebedslewe te vernuwe. Die tien fokus-areas wat lesers se gebede meer betekenisvol en bevredigend sal maak, is:1. Verheerlik en prys God vir wie Hy is. 2. Verklaar dat God die Here van jou lewe is. 3. Nooi God om in beheer te wees van jou dag. 4. Onderwerp jou liggaam, hart en verstand aan God. 5. Bely enige sondige gedagte of daad. 6. Soek God se beskerming en beskutting. 7. Deel jou diepste begeertes met God. 8. Bid vir die mense in jou lewe. 9. Tree in vir die wreld om jou. 10. Vra dat God se wil geskied. 10 MINUTE TOT KRAGTIGE GEBED is 'n gebedsboek met geen gelyke nie en sal beslis jou gebedslewe verryk.