Maria, die onbevreesde (eBoek) : Vroue deur God gebruik om die geestelike gang van die geskiedenis te bepaal

Bok av Francine Rivers
MARIA, DIE ONBEVREESDE is die laaste van vyf novelles oor die vroue in die geslagsregister van Jesus Christus. Hulle was Oosterse vroue wat in antieke tye geleef het, en tog kan ons hulle verhale toepas op ons eie lewe en die moeilike kwessies waarvoor ons te staan kom. Hulle was voorlopers. Hulle was dapper. Hulle het risiko's geneem. Hulle het die onverwagte gedoen. Hulle het 'n uitdagende lewe gelei en soms foute gemaak. Hierdie vroue was nie perfek nie, maar God het hulle steeds in sy oneindige genade gebruik in sy perfekte plan om die Christus in die lewe te bring; die Verlosser van die wereld. Maria was 'n vrou van gehoorsaamheid. Haar reputasie was op die spel, maar sy het steeds gekies om die wil van God te gehoorsaam. Toe God praat, het Maria eenvoudig in gehoorsaamheid gereageer. Hierdie nederige meisie sou die langverwagte Messias in die wreld bring. Sy het nie geweet die grootmaak van 'n perfekte seun sal haar hart breek en haar wreld vir altyd verander nie. Die wreld het al 'n ewigheid lank gewag vir hierdie oomblik. God het haar gekies. Maria. Ingesluit is 'n Bybelstudie in ses dele wat geskik is vir individue of groepbesprekings.