n Pa en sy seun (eBoek) : Tydlose wysheid om jou seun te leer, te lei en lief te he - sy hele lewe lank

Bok av James Dobson
Of 'n seun 'n ondeunde knapie of 'n volwasse jong man is, hy sal altyd opkyk na sy pa. Vier die sterk, lewenslange band tussen pa's en seuns met hierdie inspirerende boek deur dr. James Dobson, ervare berader en kenner van gesinsake. 'N PA EN SY SEUN bied uittreksels uit die topverkoper OM SEUNS GROOT TE MAAK en is 'n huldeblyk aan al die pa's wat 'n voorbeeld van krag, integriteit en getrouheid vir hulle seuns is. Dit is propvol praktiese raad wat elke pa sal help bou aan sy verhouding met sy seun. Di volkleur-geskenkboekie vier die onvervangbare rol wat 'n pa in 'n seun se hart en lewe speel. 'N PA EN SY SEUN sal elke pa help om sy seun te lei en aan te moedig op sy eie reis deur die lewe.