Die Prinses En Die Dolfyn

Bok av Dan Alatorre
"e;Die Prinses en die Dolfyn"e; is 'n vermaaklike prenteboekie met oulike sketsies vir kinders. Dit vertel die storie van 'n pragtige, klein prinsessie met 'n baie spesiale opgestopte diertjie wat sy iewers in die kasteel laat wegraak. Met behulp van haar ouers (die koning en koningin) en die gesin se hond, sit hulle 'n soektog op tou daarna.Kinders geniet 'n prettige bangmaakstorie terwyl hulle ontdek dat volharding, vindingrykheid en samewerking belangrik is. 'n Klein prinsessie in jou huis mag dalk 'n ding of twee leer oor speelgoed wat gebere moet word, en miskien iets oor verantwoordelikheid ook!'n Goeie storie vir ouers om aan hulle voorskoolse kinders voor te lees, of vir kinders wat 'n bietjie ouer is om vir hulle ouers te lees!