Sprakeloos

Bok av Tom Lanoye
In die (outo)biografiese roman Sprakeloos vertel Tom Lanoye van sy ma se beroerte, haar spraakverlies en haar langsame aftakeling en uiteindelike dood. Terselfdertyd toon die roman die ontreddering van 'n skrywer wat sy moedertaal in sy moeder sien verlore gaan en wat die verlies probeer besweer met 'n vuurwerk van woorde. Die verlies van taal word herstel met taal. Met heelwat humor neem die skrywer ook afskeid van sy jeug, van sy pa se slaghuis en die sprankelende Vlaamse stadsbuurt waarin hy grootgeword het. Maar bowenal is dit 'n afrekening met sy ma - 'n klein, temperamentele amateuraktrise wat nie die teater en die werklike lewe uit mekaar kon hou nie. Sy vorm die middelpunt van talle tragikomiese familietaferele.